# Die Grensbestuursowerheid sê die oorsaak van ‘n busongeluk Dinsdag naby die Beitbrug-grenspos in Limpopo word steeds ondersoek. Hy sê hy is diep bedroef oor die ongeluk, met ‘n bus wat buitelandse burgers vir repatriasie van Durban in KwaZulu-Natal na Musina vervoer het. Die bestuurder is in die ongeluk dood, terwyl sewe passasiers beseer is […]
# President Cyril Ramaphosa het die verslag ontvang deur die Nkabinde-ondersoek na die geskiktheid van die Suid-Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, om die amp te beklee. Die ondersoek, onder leiding van die afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, Baaitse Nkabinde, is in September verlede jaar ingestel om bewerings oor Chauke se geskiktheid en […]
# Krieket: Die Protea-vrouespan speel vandag op die Oval teen die mede-gasvrou, Engeland, in die tweede halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Australië wag op die wenner in Sondag se eindstryd op Lord’s nadat hulle die Wes-Indiese Eilande maklik geklop het in Dinsdag se eerste halfeindstryd. Suid-Afrika se vertoning het tot dusver wipplank gery, met ‘n nederlaag […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die toename in internasionale besoekersgetalle verwelkom, met meer as 4,2-miljoen toeriste wat tussen Januarie en Mei vanjaar in Suid-Afrika aangekom het. Dit is ‘n toename van 12,8-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste groei het van Afrika- en Europese markte gekom, terwyl toeriste-aankomste […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging waarsku die strenger afdwinging van die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywings-strafpuntestelsel kan tot werkverliese lei vir mense wat as voertuigbestuurders werk. Die vakbond sê herhaalde verkeersoortredings kan lei tot opskorting van rybewyse, dissiplinêre stappe en moontlike ontslag. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, doen ‘n beroep op werkgewers om die monitering van maatskappyvoertuie […]
# ‘n Navorser van die Universiteit van Kaapstad, Muya Koloko, het nasionale erkenning ontvang vir sy werk in die ontwikkeling van doelbal in Suid-Afrika. Hy is deur die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir liggaams- en siggestremdes bekroon met die Kwenejejani-trofee vir Nasionale Sportkode-sameroeper van die Jaar. Koloko het die afgelope vyf jaar ‘n sleutelrol gespeel in die […]
# Sokker: Die voormalige Bafana Bafana-middelveldspeler Alex Bapela meen dis tyd vir afrigter Hugo Broos om te vertrek, en Pitso Mosimane om hom op te volg. Mosimane het Suid-Afrika van 2010 tot 2012 afgerig en sy laaste afrigtingspos in Iran het verlede jaar geëindig. Broos se kontrak het verstryk met Bafana se uitskakeling uit die […]
# President Cyril Ramaphosa se nuut aangestelde ministers en adjunkministers is by die Uniegebou in Pretoria ingehuldig na die kabinetskommeling. Ramaphosa het hoofsaaklik die veranderinge wat deur die DA versoek is, geïmplementeer, met herskommelings b die ministeries van Landbou; Bosbou, Visserye en die Omgewing; Handel, Nywerheid en Mededinging; Elektrisiteit en Energie; Hoër Onderwys en Opleiding; […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag wag op die verdediging se reaksie nadat landdros Ignatius du Preez van die Pretoria Handelsmisdaadhof die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se tronkstraf tot 12 jaar verleng het. Die staat en verdediging het voorheen ooreengekom op ‘n vonnis van agt jaar vir bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met ‘n SAPD-Medicare24-tender […]