Skip to content

Hangwani Maumela se Ferrari vir R10,1-miljoen verkoop

# ’n Luukse Ferrari wat met die sakeman Hangwani Morgan Maumela verbind word, is op ’n veiling vir 10,1-miljoen-rand verkoop, meer as die reserweprys van 9,5-miljoen-rand. Die 2022-Ferrari SF90 Stradale is tydens ’n ondersoek na beweerde korrupsie ter waarde van twee-miljard-rand by die Tembisa-hospitaal gekonfiskeer. Die verkoop volg na die Hooggeregshof in Pretoria Maumela se dringende aansoek om die veiling te stop, van die hand gewys het. Die opbrengs sal in ’n rentedraende trustrekening gehou word in afwagting op siviele verrigtinge.