Skip to content

Swem: Minister Gayton McKenzie wens Tatjana Smith sterkte toe na haar besluit om vir Nederland deel te neem 

# Swem: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die Olimpiese swemkampioen Tatjana Smith alle voorspoed toegewens ná haar aankondiging dat sy onder die Nederlandse vlag sal meeding. McKenzie sê Smith het hom van haar besluit ingelig voordat sy dit openbaar gemaak het en hy doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om nie haar persoonlike keuse in ‘n politieke kwessie te omskep nie. Die minister sê probleme by Swem Suid-Afrika word deur ‘n hervormingsproses aangespreek waarby World Aquatics betrokke is.