# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week ‘n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly en Nic Maddinson moet […]
# Die Gautengse taakspan oor politieke moorde het ʼn tweede verdagte gearresteer in verband met die moord op die EFF-lid, Monica Dube. Sy is in Junie voor haar gesin doodgeskiet by haar huis in Wallmannsthal, Tshwane. Hierdie jongste deurbraak volg na die inhegtenisneming in Julie van die eerste verdagte, Sipho Mahlangu, wat in aanhouding bly […]
# Byna ʼn week ná haar mislukte teregstelling in Tennessee, is die veroordeelde moordenaar Christa Pike by haar bewussyn en kan praat. Die 50-jarige gevangene het verlede week twee dodelike pentobarbital-inspuitings tydens haar beplande teregstelling oorleef. Sy is bewusteloos na die hospitaal geneem en op ʼn ventilator geplaas. Pike, wat in 1995 die doodstraf ontvang […]
# Die Franse minister van Binnelandse Sake, Laurent Nuñez, het die polisie se optrede verdedig terwyl die land sukkel om sy grootste studente-betogings in dekades te beheer. Die polisie het traangas op betogers afgevuur met duisende leerlinge, onderwysers, ouers en vakbonde wat al sedert verlede week regoor Frankryk betoog en beter skooltoestande eis. Sowat 215 […]
# Sokker: Lionel Messi het sy skitterende internasionale loopbaan met ‘n doel afgesluit in sy 208ste en laaste wedstryd vir Argentinië – die 39-jarige se 126ste doel. Die Argentyne het die vriendskaplike kragmeting met Benin in Buenos Aires 3-0 gewen. Messi het die volgepakte stadion van 85-duisend mense na die wedstryd toegespreek en gesê dit […]
# Die Nobelprys vir Fisika vir 2026 is aan Francis Halzen toegeken na hy Antarktiese ys op ‘n nuwe manier omskep het om die heelal waar te neem. Halzen, ‘n Belgies-Amerikaanse fisikus, het die prys ontvang vir sy deurslaggewende bydraes tot die IceCube-neutrino-observatorium en die ontdekking van hoë-energie-neutrino’s van astrofisiese oorsprong. Neutrino’s word dikwels “spookdeeltjies” […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Petroleumkleinhandelaars waarsku vandeesmaand se brandstofprysstygings gaan verdere druk op huishoudings en besighede plaas. Die prys van petrol het met meer as drie-rand per liter gestyg, terwyl die pryse van diesel en paraffien ook skerp toegeneem het. Vishal Premlall van SAPRA sê die hoër koste sal voedselpryse, vervoer en aflewerings beïnvloed […]
# Die DA vra vir strenger optrede om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp, te midde van toenemende kommer oor die moord op vroue. Die party waarsku vroue bly steeds in gevaar, ondanks herhaalde beloftes deur die regering, terwyl maatskaplike werkers wat slagoffers bystaan ook aan toenemende veiligheidsrisiko’s onderwerp word. Wendy Kaizer-Philander van die DA het […]
# Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof betaal om ‘n stelsel […]