# Motorsport: Zandvoort gaan die naweek die laaste keer die Nederlandse Formule Een Grand Prix aanbied omdat dit nie finansieel lewensvatbaar is nie ondanks die gewildheid. Die wedren is in 2021 weer op die kalender geplaas na ‘n afwesigheid van 36 jaar, maar die inkomste was te laag en die organiseerders het besluit om nie […]
# Motorsport: Motorsport Suid-Afrika het ‘n span van 34 jaers aangekondig wat gekies is om deel te neem aan die 2026 FIM Africa, Motocross of African Nations Championship, wat van 28 tot 30 Augustus in Windhoek, Namibië, sal plaasvind. Die Suid-Afrikaanse span sal in agt klasse meeding, insluitend MX 50, MX 65, MX Lite, MX […]
# Die DA het president Cyril Ramaphosa versoek om ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na die ineenstorting van Daybreak Foods te magtig. Die adjunkwoordvoerder oor Begrotings van die DA, Andrew Bateman, sê die ondersoek moet beweerde onreëlmatige uitgawes, opgeblase regs- en bemarkingskoste, gestaakte forensiese ondersoeke en moontlike onbehoorlike voordele ondersoek. Die ineenstorting plaas na […]
# Sowat 200 lede van die groep teen onwettige immigrasie, March and March, het naby die lokaal van die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban, KwaZulu-Natal, betoog. Die betogers doen ‘n beroep op sterker optrede teen onwettige immigrasie en beplan om ‘n memorandum aan die SAOG-leiers te oorhandig. Die polisie het ‘n sterk […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê die krisis by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente kon vermy gewees het as die vakatures op die raad gevul was in plaas daarvan om die skema onder administrasie te plaas. Dit volg na ‘n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria wat die aanstelling van die skema se administrateur, […]
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het geweier omvrae te beantwoord oor ‘n rooibok wat na bewering by die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya afgelewer is . Matlala het tydens sy getuienis voor die Madlanga-kommissie gesê die opname wat die bespreking bevat, word glo ondersoek. Hy sê hy kon nie vasstel of die rooibok-kwessie spesifiek […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek die finteg-maatskappy Kastelo, wat gestig is deur die voorsitter van die DA se federale Finansies-komitee, Mark Burke, oor beweerde oortredings van valutabeheer. Dit behels oordragte van sowat vier-miljard-rand na die buiteland. ‘n Beëdigde verklaring beweer dat Kastelo moontlik kliënte se buitelandse valuta-toelaes vir eie voordeel gebruik en sy bedrywighede verkeerd […]
# President Cyril Ramaphosa sê die versterking van landbou-waardekettings en die bou van klimaat-veerkragtige voedselstelsels moet voorkeur geniet om voedselsekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese groei te ondersteun. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskaps-beraad in Durban gevra vir verhoogde landbouproduksie, sterker streeks-voedselreserwes en groter ondersteuning vir klein- en opkomende boere. Ramaphosa het lande ook aangemoedig […]
# At least six people have died and five were injured in a stampede-like incident at the Ashok Dham temple in Bihar, India. Police say a falling electricity pole may have sparked panic among thousands of worshippers during the Hindu holy month of Shravan. India has seen several deadly crowd disasters at religious gatherings. In […]