Skip to content

Tenkskip bots teen passasierskip in New Orleans, 32 in hospitaal opgeneem

# Twee-en-dertig mense is in die hospitaal opgeneem nadat ʼn tenkskip op die Mississippi-rivier in New Orleans teen ʼn passasierskip gebots het. Die tenkskip, Atlantic Asphalt, het die American Heritage gister getref waarna die skip van vyf verdiepings omgeslaan het. Passasiers en bemanning het in die water beland, maar bote en noodspanne in die omgewing het dié aan boord gered. Burgemeester Helena Moreno sê hulle kan van almal rekenskap gee en beserings is nie lewensbedreigend nie. Ondersoekers probeer vasstel of ʼn stuur-probleem die botsing veroorsaak het.