# ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van president Cyril Ramaphosa begin vandag ‘n week lange besoek aan Silicon Valley in Kalifornië om ontwikkelings rondom kunsmatige intelligensie te verken. Die program sluit in vergaderings met toonaangewende tegnologiemaatskappye, beleggers en navorsers asook gesprekke by die Stanford-universiteit. Besprekings sal fokus op infrastruktuur vir kunsmatige intelligensie, belegging, innovering, vaardigheidsontwikkeling en die verantwoordelike gebruik van tegnologie. Die besoek is daarop gemik om Suid-Afrika se digitale ekonomie te versterk en die land te posisioneer as ‘n mededingende spilpunt vir kunsmatige intelligensie op die vasteland.
KI-afvaardiging wil Suid-Afrika as ‘n mededingende Afrika-KI-spilpunt vestig