# Die Stad Kaapstad het kommer uitgespreek oor voetgangerveiligheid nadat 40 voetgangerongelukke oor die afgelope naweek gerapporteer is. Die Stad se noodsentrum het meer as drie-duisend-100 oproepe ontvang, waaronder 107 motorvoertuigongelukke en 178 aanrandingsverwante voorvalle. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê verkeersbeamptes het ook 65 persone vir dronkbestuur in hegtenis geneem, terwyl […]
# Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings het verskeie leweringsteikens vir die 2025/26-boekjaar oortref. Die Departement het sewe-duisend-976 wooneenhede voltooi teenoor ‘n teiken van sewe-duisend-503. Die Departement het ook vyf-duisend-445 huise aan goedgekeurde begunstigdes toegeken en het byna 280 hektaar goed geleë grond verkry, wat sy teiken oortref het. Die Departement het vir die vierde […]
# Gauteng-polisie soek na twee verdagtes nadat ‘n 53-jarige leerdervervoerbestuurder in Westbury, Johannesburg, doodgeskiet is. Die slagoffer het leerders afgelaai toe twee mans hom genader en op hom losgebrand het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die polisiewoordvoerder Tintswalo Sibeko sê ondersoeke duur voort en die motief vir die skietery bly onbekend:
# Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het beveel ongemagtigde setlaarposte in die Wesoewer moet gesloop word. Dit kom te midde van druk deur die VSA op Israel om sterk op te tree teen setlaarsaanvalle op Palestyne. Die bevel is van toepassing op buiteposte wat sonder amptelike magtiging van die Israelse staat deur setlaars opgerig […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging verdedig sy besluit om die voormalige transito-rooftog-oortreder Themba “SkeemGP” Nzimande as sy burgemeesterskandidaat vir die Stad Ekurhuleni aan te wys. Die aankondiging het hewige openbare kritiek ontlok. Die nasionale woordvoerder, Sidney Baloyi, sê die besluit is gegrond op die beginsels van herstellende geregtigheid en die oortuiging dat mense kan verander. Hy […]
# Suid-Afrika se 21ste jaarlikse Nasionale Parke-week vind van vandag af tot 13 September plaas. Suid-Afrikaners kry gedurende dié week gratis dagtoegang tot deelnemende nasionale parke. Die aanbod sluit onder meer die Krugerwildtuin in Limpopo en Mpumalanga, die Weskus Nasionale Park in die Wes-Kaap en die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap in. Die minister […]
# Die Stad Kaapstad verskerp pogings om fetale alkoholspektrumversteuring te voorkom deur jongmense op te voed oor die gevare van alkohol- en dwelmmisbruik tydens swangerskap. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Raadslid Francine Higham, sê die stad se “Driving my Future”-program het die afgelope jaar meer as drie-duisend-500 leerders bereik en gehelp om hul begrip […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste soek na ‘n gevangene wat uit die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum naby Mahikeng in Noordwes ontsnap het. Edward Khomotso Madiba het glo gister deur ‘n seldeur gesny om te ontsnap. Singabakho Nxumalo van die Departement sê agt amptenare kan moontlik geskors word terwyl die ondersoek na die ontsnapping voortduur. […]
# Rugby: Die speler van die wedstryd in die derde toets tussen Suid-Afrika en die All Blacks, die Springbok-senter Ethan Hooker, verwag neutrale steun in die naweek se vierde en laaste wedstryd in Baltimore, Amerika. Hy sê die Bokke gaan alles uithaal om die reeks te beklink nadat hulle in Johannesburg ‘n voorsprong van 2-1 […]