Skip to content

Krieket: Eendagreeks tussen Australië en Engeland word Woensdag in Hobart beslis

# Krieket: Woensdag se derde en laaste eendagwedstryd tussen Australië en Engeland sal die reeks beslis nadat die besoekers dit gister een-elk gemaak het. Die gasheer het Vrydag se eerste kragmeting in Perth met sewe paaltjies gewen en Engeland het in Adelaide teruggeslaan met ‘n oortuigende oorwinning met 135 lopies. Hulle het ‘n hoogs-mededingende 355 vir ses aangeteken na Tom Banton se 121 en Australië toe binne 45 boulbeurte vir 220 uitgeboul. Die Engelse snelboler Gus Atkinson sê dit was lekker om te sien hoe die tuisskare die stadion vroeg verlaat.