# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-unie doen ‘n beroep op ‘n onmiddellike ondersoek na berigte oor Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede in Kuba. Hulle is na bewering gevra om vrywillige betalings van tot 15-duisend-rand uit hul toelaes te maak om behoeftige Kubaanse burgers te help. Pikkie Greeff van die SANWU vra vir ‘n ondersoek om vas te stel […]
# Die Stad Kaapstad sê Atlantis-pendelaars sal baat vind by voortgesette MyCiTi-busopknappings en infrastruktuuropgraderings. Die projek sluit in die opknapping van busse en die opgradering van 45 haltes langs die Atlantis-, Pella- en Mamre-roetes wat van tydelike na permanente haltes met moderne skuilings en verbeterde voetgangergeriewe oorgeskakel word. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie sê swak infrastruktuur by die Rooigrond-korrektiewe sentrum naby Mahikeng in Noordwes plaas gevangenisveiligheid in gevaar. DIt volg na die ontsnapping van ‘n gevangene. Die vakbond sê die fasiliteit ondervind lank reeds probleme, insluitend oorbevolking, watertekorte en beskadigde infrastruktuur. Popcru se provinsiale sekretaris, Johannes Dire, vra vir ‘n dringende ondersoek, herstelwerk […]
# Die DA sê voortdurende kragonderbrekings in Johannesburg plaas huishoudings en ondernemings onder druk. Volgens die party het sommige gebiede, insluitend die Johannesburgse middestad, Lombardy, Kew en Gresswold, onderbrekings van etlike dae verduur. Hy blameer swak bestuur, verouderende infrastruktuur en mislukkings deur premier Panyaza Lesufi se regering. Nico de Jager van die DA doen ‘n […]
# AfriForum beplan om Eskom se voorgestelde gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van ongeveer 8,8-persent vir 2027/2028 teen te staan. Die organisasie gaan formele besware by die energiereguleerder, Nersa, indien, en sê verbruikers moet nie vir onnodige of ondoeltreffende koste betaal nie. Morné Mostert van AfriForum sê verbruikers sukkel reeds met stygende lewenskoste en hoë elektrisiteitspryse, terwyl ondernemings […]
# Krieket: Die snelbouler Gerald Coetzee kry vir die eerste keer in drie jaar die kans om Suid-Afrika te verteenwoordig in die drie eendagwedstryde teen Australië. Hy is ingesluit in die groep van 16 spelers vir die reeks, wat op die 24ste in Durban begin. Die tweede wedstryd word drie dae later op die Wanderers […]
# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein Kevin Pietersen het by die land se witbalspan aangesluit as ‘n spesialismentor terwyl die span voorberei vir volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe. Die 46-jarige Pietersen, wat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gebore is, sal deel wees van Brendon McCullum se afrigtingspan vir hierdie maand se T20- en […]
# Die DA sê misdaad word ‘n groeiende bedreiging vir landelike en boerderygemeenskappe in die Wes-Kaap. Dit volg na twee voorvalle in die Kaapse Wynlande oor die naweek, insluitend ‘n aanval op twee inwoners op ‘n plaas langs Bottelaryweg. Benedicta van Minnen van die DA sê 133 aanvalle op boere is tot dusver vanjaar aangeteken […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op gevolgbestuur teen amptenare wat versuim om veiligheidskwessies by skole aan te spreek. Dit volg nadat ‘n sewejarige leerder verlede week by die Mokutupu Laerskool in Limpopo doodgeskok is. Andry Mnisi van die vakbond sê hy het herhaaldelik kommer uitgespreek oor veiligheid by skole. Mnisi wil hê […]