# Die Suid-Afrikaanse Beroepsweddersvereniging vra die Tesourie om sy voorgestelde belasting van 20-persent op aanlyn dobbelinkomste te heroorweeg. Die vereniging waarsku die heffing kan verbruikers na onwettige buitelandse operateurs dryf, wat werkgeleenthede en belastinginkomste in gevaar stel. Uitvoerende hoof Sean Coleman sê die verwagte inkomste van 10-miljard-rand wat die Tesourie voorspel, is ‘n bruto raming en nie die netto voordeel vir die regering nie. Hy sê gelisensieerde beroepswedders betaal reeds provinsiale dobbelbelasting en belasting op toegevoegde waarde, en ‘n bykomende heffing kan die gereguleerde bedryf ondermyn.
Beroepswedders waarsku voorgestelde dobbelbelasting kan dobbelaars na buitelandse platforms dryf