Skip to content

Krieket: Bangladesj vir 400 uitgeboul op tweede oggend op die Wanderers

# Krieket: Bangladesj het nog 73 eerstebeurt-lopies bygevoeg op die tweede oggend van die eerste toets teen Suid-Afrika in Johannesburg voor hulle vir 400 uitgeboul is. Die besoekers het hervat op 327 vir ses nadat Towhid Hridoy en Litton Das se sesdepaaltjie-vennootskap van 206 lopies Kagiso Rabada se vyf paaltjies uitkanselleer het. Hridoy is vanoggend uitgehaal vir 137 en Das het die eerste van Dane Paterson se vier slagoffers geword vir 120. Die Proteas het swak afgeskop toe Aiden Markram vir vier uitgehaal is met net vyf op die telbord.