# Rugby: Die Stormers sal die res van die Verenigde Rugbykampioenskap sonder die Springbok-skrumskakel Cobus Reinach en die tienerster Markus Muller moet klaarkom. Reinach het ‘n kniebesering opgedoen teen Glasgow Warriors en sal na verwagting ook die Bokke se Nasieskampioenskaps-toetse teen Engeland, Skotland en Wallis misloop. Muller, wat verlede naweek sy buiging vir die Kaapstadse […]
# Krieket: Sophie Devine, Suzie Bates en Lea Tahuhu sê hul deelname vir Nieu-Seeland aan die vroue se T20-Wêreldbeker is hul laaste doelwit. Al drie het aangekondig hulle gaan uittree na die toernooi in Engeland en Wallis wat in Junie begin. Afrigter Ben Sawyer sê die trio het voortreflike loopbane gehad en dit is ‘n […]
# Die regering doen ‘n beroep op die publiek om onwettige aktiwiteite by wetstoepassingsowerhede aan te meld en nie die wet in eie hande te neem nie. Die pleidooi volg na voortgesette openbare aktiwiteite oor die onwettige immigrante-kwessie, insluitend protesoptogte deur die anti-onwettige migrasiegroep March and March. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê kommer oor immigrasie […]
# Drie leerders sal Suid-Afrika by die Regeneron Internasionale Wetenskap- en Ingenieursfees verteenwoordig. Die geleentheid, wat van 9 tot 15 Mei in Phoenix, Arizona in die VSA plaasvind, is die wêreld se grootste voor-kollege-wetenskapkompetisie en bring bykans een-duisend leerders van meer as 80 lande bymekaar. Die Suid-Afrikaanse deelnemers sal projekte oor kunsmatige intelligensie, omgewingswetenskap en […]
# Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hoewel die verlenging van die brandstofheffingverligting in Mei korttermynhulp aan verbruikers bied, moet die regering die geleentheid gebruik om fiskale dissipline te versterk. Die organisasie vra strenger beheer oor openbare besteding, minder verkwistende uitgawes en verbeterde deursigtigheid rondom strategiese brandstofreserwes. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê langtermynbestendigheid sal […]
# ’n Nuwe vennootskap tussen Nature Environment and Wildlife Filmmakers en die klimaatfinansieringspesialiste, ECo, gaan 12 visuele storievertellingsgroepe van Afrika en Ibero-Amerika ondersteun. Die befondsing, wat ongeveer 100-duisend-rand per projek beloop, sal werk ondersteun wat temas soos herinneringe, gebied, tyd en voorvaderlike kennis ondersoek. Geselekteerde groepe sal ook mentorskap kry en deelneem aan ’n opleidingsgeleentheid […]
# Statistieke Suid-Afrika sê sakelikwidasies het in Maart toegeneem. Die totale aantal likwidasies het op ‘n jaargrondslag met 15-persent, van 127 tot 146 gevalle, gestyg. Die styging is gedryf deur hoër getalle van beide beslote korporasies en maatskappye wat gesluit is. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in Januarie en Maart het likwidasies ook effens […]
# Padwedlope: Die Stad Kaapstad het parkeerbeperkings en padsluitings aangekondig voor volgende maand se Kaapstadse Marathon. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ‘n motorvrye roete is belangrik as deel van die wedloop se poging om deel te word van die Wêreldmarathon-hoofwedlope. Hy sê sleutelgebiede, insluitend die middestad, die Atlantiese kusgebied en omliggende […]
# Sokker: Afganistan se vrouespan word toegelaat om terug te keer na internasionale deelname nadat hulle vyf jaar laas amptelik gespeel het. Beperkings is op vroueregte ingestel nadat die Taliban in 2021 weer die bewind oorgeneem het, insluitend ‘n verbod op sport. Dit het baie vroue gedwing om die land te verlaat. Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, […]