# Sokker: Afganistan se vrouespan word toegelaat om terug te keer na internasionale deelname nadat hulle vyf jaar laas amptelik gespeel het. Beperkings is op vroueregte ingestel nadat die Taliban in 2021 weer die bewind oorgeneem het, insluitend ‘n verbod op sport. Dit het baie vroue gedwing om die land te verlaat. Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het Afganistan amptelik erken ingevolge ‘n wysiging wat die registrasie van ‘n verteenwoordigende span onder uitsonderlike omstandighede toelaat, indien dit nie deur sy lidvereniging erken word nie.
Sokker: Afganistan se vrouespan keer terug na internasionale deelname