# Sokker: Die Wêreldbekertoernooi het die voorlaaste ronde bereik met vier voormalige kampioene wat nog oorbly. Die tweemalige kampioen, Frankryk, en 2010 se kampioen, Spanje, pak mekaar vanaand in die eerste halfeindstryd in Dallas, Texas. Môreaand kom die verdedigende en driemalige kampioen, Argentinië, in Atlanta te staan teen 1966 se kampioen, Engeland. Die uitspeelstryd om […]
# De Beers het aangekondig hy gaan produksie by Suid-Afrika se grootste diamantmyn, sy Venetia-myn in Limpopo, vir twee jaar opskort as deel van ‘n kostebesparings- en herstruktureringsplan. News24 berig die myn, wat ongeveer 40-persent van die land se diamante vervaardig, sal die tyd gebruik om belangrike ondergrondse infrastruktuur op te knap terwyl Anglo American […]
# Die KwaZulu-Natal Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake koördineer noodbystand aan inwoners wat geraak is deur die verwoestende brand in die Jika Joe-informele nedersetting in Pietermaritzburg. Die brand oor die naweek het na raming 427 huishoudings geraak, met vier mense beseer en een vermis. Die woordvoerder van die Departement, Senzelwe Mzila, sê die […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging vra dat munisipale bestuurders, burgemeesters en raadslede persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir onbetaalde pensioenbydraes wat deur munisipaliteite verskuldig is. Volgens die vakbond skuld munisipaliteite werkers na raming 1,7-miljard-rand nadat hulle nie geld wat van werknemers se salarisse afgetrek is in die pensioenfondse oorbetaal het nie. Phakamile Hlubi-Majola van MISA doen ‘n […]
# Die stigter van Dubazana Prokureurs, Nthabiseng Dubazana, sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet sy saak teen sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala bo redelike twyfel bewys nadat sy pleitooreenkoms in duie gestort het. Matlala het ‘n voorgestelde vonnis van 12 jaar verwerp in die SAPS-Medicare24-tenderbedrogsaak van 288-miljoen-rand. Dubazana sê die verhoor sal van voor af begin, en […]
# Namibië en China het agt ooreenkomste oor infrastruktuur, energie, mynbou, landbou en ekonomiese samewerking onderteken tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan Beijing. Die Chinese president, Xi Jinping, het hom verbind tot nouer samewerking met onder meer die ontwikkeling van uraan, litium en seldsame aardminerale. Namibië is op soek na beleggings om werk te […]
# Paramedici sê meer as tien mense is beseer toe ‘n gebou in eBuhleni Village in Inanda in die noorde van Durban ingestort het. Kerk-lidmate het met reddingspogings begin voor noodpersoneel op die toneel was. Die oorsaak word ondersoek. Woordvoerder, Garrith Jamieson, sê minstens agt mense is hospitaal toe geneem voor paramedici opgedaag het, terwyl […]
# Amerika se weermag het gisteraand ʼn nuwe vlaag aanvalle teen Iran uitgevoer en tientalle teikens op verskeie terreine getref. Amerika se Sentrale Bevel sê die weermag het Iranse lugafweerstelsels, radarstasies aan die kus en missiel- en hommeltuig-persele getref. Teheran het gisteroggend Amerikaanse fasiliteite in state reg oor die Golf aangeval nadat Amerika Saterdagaand sowat […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het herhaal dat Suid-Afrika die wette het om ‘n verbod af te dwing op die invoer van dwangarbeidprodukte. Die Kantoor van die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger ondersoek tans minstens 60 ekonomieë om te bepaal of die verbod op die invoer van dwangarbeidgoedere voldoende afgedwing word. Die regering […]