# Die geskorste KwaZulu-Natalse Valke-brigadier, Campbell Nyuswa, het voor die Madlanga-kommissie getuig die provinsiale hoof van die Valke, Lesetja Senona, was bewus van die veiligheidsleemtes in die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke se kantore in Port Shepstone. Nyuswa het aan die getuienisleier, Lee Segeels-Ncube, gesê Senona was bewus van deurlopende pogings om veiligheid op die perseel te […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die MK-party se uitdaging van die uitslag van die 2024 algemene verkiesing. Die party vra die uitslag moet tersyde gestel word, en voer aan die uitslag het in gedrang gekom nadat die Verkiesingskommissie se uitslagpaneel tydens die telproses vir nagenoeg twee ure van lyn af was. […]
# Die geskorste KwaZulu-Natal Valke-brigadier Campbell Nyuswa het aan die Madlanga-kommissie gesê hy twyfel of ‘n kluis met gekonfiskeerde dwelms oopgebreek is met ‘n boor. Nyuswa sê hy vermoed die toneel is moontlik tydens die diefstal herrangskik. In reaksie op die voorsitter van die kommissie, Mbuyiseli Madlanga, se vraag, het Nyuswa bevraagteken waarom ondersoekbeamptes nie […]
# AfriForum is optimisties oor die landbousektor ná die DA se voorgestelde kabinetskommeling in die regering van nasionale eenheid, wat Willie Aucamp as die voorgestelde nuwe minister van Landbou insluit. Die organisasie glo die moontlike verandering is ‘n positiewe stap om die bek-en-klouseer-krisis, wat swak bestuur is, aan te pak. Lambert de Klerk van AfriForum […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die landbousektor wag om te sien of die voorgestelde leierskapsverandering in die Ministerie van Landbou ‘n verbetering gaan wees. Die party sê berigte dat die voormalige DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, moontlik met Willie Aucamp vervang kan word, het die sektor in onsekerheid gedompel. Wynand Boshoff van die […]
# Die geskorste KwaZulu-Natalse Valke-brigadier, Campbell Nyuswa, het voor die Madlanga-kommissie getuig die provinsiale hoof van die Valke, Leseja Senona, het albei stelle sleutels van ‘n kluis met gekonfiskeerde dwelmbewyse gehad. Die bewyse sluit 541 kilogram kokaïen in, met ‘n geraamde waarde van sowat 200-miljoen-rand waarop beslag gelê is tydens ‘n klopjag in Port Shepstone […]
# Sokker: Bafana Bafana speel môre teen die Tsjeggiese Republiek in sy Wêreldbeker-groep A-wedstryd nadat hy 2-0 teen die gasheer, Mexiko, verloor het in Donderdag se openingswedstryd. Suid-Afrika is daarvan beskuldig dat hy totaal oorskadu is, skaars ‘n doelskop kon waag en twee rooikaarte verdien het. Die Springbokrugbyspan se hulpafrigter, Deon Davids, sê egter Suid-Afrikaners […]
# Soccer: World Cup players have now drawn attention for another reason. Artificial intelligence researchers compiled a list of the most attractive players based on golden face ratio. The closer a person’s facial features are to this ratio of 1.618-to-one, the more aesthetically balanced they are. However, the company who did the analysis emphasises it […]