Skip to content

Solidariteit vra hofbevel om Tshwane se skorsing van stadsbestuurder om te keer

# Die vakbond Solidariteit het sy regspan opdrag gegee om hofstukke te finaliseer wat die Stad Tshwane se skorsing van die stadsbestuurder Johann Mettler betwis. Die vakbond voer aan die besluit is onwettig, irrasioneel en ongrondwetlik, en beweer die skorsing is polities gemotiveerd. Anton van der Bijl van Solidariteit sê die vakbond wil hê die skorsing moet tersyde gestel word nadat die stad geweier het om sy besluit om te keer ten spyte van vroeëre waarskuwings van regstappe.