# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus wil steeds elke speler in sy uitgebreide groep die kans gee om te bewys wat hy op die hoogste vlak kan doen. Hy het verskeie veranderings aangebring aan sy groep vir Saterdag se Nasieskampioenskapstoets in Durban. Die stut Carlu Sadie, die slot Ruben van Heerden, die vleuel Jaco Williams en die losskakel Vusi Moyo sal hul eerste buiging vir die span maak. Erasmus sê hy is opgewonde om te sien wat die nuwelinge kan doen, asook die spelers wat ‘n ruk lank nie toetsrugby gespeel het nie.
Rugby: Rassie wil steeds elke speler kans gee om homself te bewys