Skip to content

Rugby: Stormers sal res van VRK sonder Reinach en Muller moet klaarkom

# Rugby: Die Stormers sal die res van die Verenigde Rugbykampioenskap sonder die Springbok-skrumskakel Cobus Reinach en die tienerster Markus Muller moet klaarkom. Reinach het ‘n kniebesering opgedoen teen Glasgow Warriors en sal na verwagting ook die Bokke se Nasieskampioenskaps-toetse teen Engeland, Skotland en Wallis misloop. Muller, wat verlede naweek sy buiging vir die Kaapstadse span gemaak het, het sy vinger gebreek en is ook nie beskikbaar vir die Junior Bokke in die huidige Onder-20 Rugbykampioenskap in Gqeberha in die Oos-Kaap nie.