# Padwedlope: Die Stad Kaapstad het parkeerbeperkings en padsluitings aangekondig voor volgende maand se Kaapstadse Marathon. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ‘n motorvrye roete is belangrik as deel van die wedloop se poging om deel te word van die Wêreldmarathon-hoofwedlope. Hy sê sleutelgebiede, insluitend die middestad, die Atlantiese kusgebied en omliggende […]
# Sokker: Afganistan se vrouespan word toegelaat om terug te keer na internasionale deelname nadat hulle vyf jaar laas amptelik gespeel het. Beperkings is op vroueregte ingestel nadat die Taliban in 2021 weer die bewind oorgeneem het, insluitend ‘n verbod op sport. Dit het baie vroue gedwing om die land te verlaat. Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, […]
# United Africans Transformation het kommer uitgespreek oor bewerings van regeringsmislukkings in die Stad Tshwane. Dit volg nadat Defenders of the People-raadslid Rufus Mphahlele daarvan beskuldig is dat hy betrokke was by beweerde onreëlmatige tendertransaksies asook as swak bywoning van raadsvergaderings. Mighty Mabule van die party eis Mphahlele se onmiddellike skorsing terwyl ‘n onafhanklike ondersoek […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se swak Staatsdiens belemmer ekonomiese groei en benodig dringende hervorming. Die organisasie voer aan politieke inmenging en kaderontplooiing het sedert 1994 die staat se vermoë ondermyn om dienste te lewer, doeltreffendheid verminder en die ekonomie geskaad. Terence Corrigan van die instituut sê ‘n hervormde Staatsdiens is noodsaaklik om […]
# Die Universiteit Kaapstad het ‘n nuwe spesialis-lewersentrum bekendgestel wat daarop gemik is om die diagnose en behandeling van lewersiektes in Suid-Afrika te verbeter. Die sentrum bring kundiges in chirurgie, hepatologie, onkologie en radiologie bymekaar in hospitale in Kaapstad en Gqeberha in die Oos-Kaap. Die UCT-klinikus Dale Creamer sê die sentrum sal vinniger diagnose, beter […]
# Build One South Africa is gereed om ‘n nuwe Wetsontwerp op Regverdige Betaling ter tafel te lê, wat ten doel het om werksoekers teen salarisdiskriminasie te beskerm. Die voorgestelde wet, wat voor Werkersdag ingedien sal word, sal poog om regverdige en deursigtige betaalpraktyke te bevorder, veral vir jongmense en voorheen benadeelde groepe. Roger Solomons […]
# Waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, beloof ‘n groot skoonmaaksessie in die polisiediens en onderneem ook om korrupsie aan te pak, dissipline te verbeter en openbare vertroue te herstel. Die aankondiging volg op groeiende openbare kommer oor misdaad en wetstoepassing se doeltreffendheid, met hernude fokus op interne hervormings landwyd. Dimpane het nadat sy die amp […]
# COSATU en FEDUSA het die Mediese Skema vir Staatsamptenare tot 6 Mei gegee om ‘n premieverhoging van 9,5-persent te hersien. Die federasies sê die verhoging is onbekostigbaar en blameer bestuursmislukkings, swak beplanning en finansiële lekkasie. Die federasies eis ‘n memorandum van ooreenkoms wat voorsiening maak vir leierskapsvlak-betrokkenheid minstens twee keer per jaar. Hulle waarsku […]
# Die Departement van Basiese Onderwys het te midde van kommer oor verkrygingsonreëlmatighede verduidelik sy handboek-siftingsproses is nie ‘n tenderstelsel nie. Beamptes sê die proses gebruik blinde sifting, waartydens manuskripte sonder uitgewerbesonderhede beoordeel word om regverdigheid en gehalte te verseker. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê meer as 150 vakkundiges evalueer voorleggings teen kurrikulumstandaarde […]