# Krieket: Sophie Devine, Suzie Bates en Lea Tahuhu sê hul deelname vir Nieu-Seeland aan die vroue se T20-Wêreldbeker is hul laaste doelwit. Al drie het aangekondig hulle gaan uittree na die toernooi in Engeland en Wallis wat in Junie begin. Afrigter Ben Sawyer sê die trio het voortreflike loopbane gehad en dit is ‘n seldsame en spesiale geleentheid vir hulle om hulle loopbane by dieselfde toernooi af te sluit. Kaptein Amelia Kerr se groep sluit tien spelers in wat Suid-Afrika in die eindstryd van die 2024-toernooi geklop het.
Krieket: Trio ingesluit in verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, se Wêreldbekergroep, voor hulle uittree