# Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê die party sal burgemeesters en raadslede herroep, wat nie daarin slaag om dienste te lewer en mense goed te dien nie. Dit volg te midde van die land se voorbereiding vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing in November. Ramaphosa het gepraat tydens ANC-kieserregistrasie en gemeenskapsmobilisering in die Madibeng […]
# Rugby: The Lions put on a comprehensive performance to demolish the Bulls 15 by 42-19 in their Currie Cup game at the University of Johannesburg Stadium on Saturday evening. The Lions were totally dominant against a Bulls side missing 45 players from their contracted squad and losing three players to injury this past week. […]
# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê die Suid-Afrikaanse regstelsel is uiters sensitief oor korrupsie. Dit volg na die skorsing van senior ondersoekers by die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Dylan Perumal, Brian Padayachee en Suneel Bellochun, te midde van bewerings dat hulle betrokke was by die vervalsing van getuieverklarings, die manipulering van sake […]
# Die Parlementêre Gekose Komitee oor Onderwys, Wetenskappe en die Kreatiewe Nywerhede sê die kwessie rondom bestuursuitdagings en verbeterde prestasie by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vereis ‘n ernstige debat. Dit volg na bewerings dat die onlangs aangestelde NSFAS-administrateur Hlengani Mathebula ‘n luukse leefstyl op NSFAS se rekening handhaaf terwyl probleme met studente se […]
# Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Vervoer ondersteun die die Kabinet se besluit om die geldigheidstydperk van rybewyse van vyf jaar na tien jaar te verleng vir voertuie in sekere kategorieë. Die voorsitter, Donald Selamolela, sê enige verbeterings aan die stelsels word altyd verwelkom, aangesien dit die regering in staat sal stel om op die hoërisikogebiede […]
# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni bevraagteken die teenstrydigheid tussen die finansiële prentjie wat die Metro in ‘n onlangse openbare verklaring geskets het en die syfers in die ongeouditeerde finansiële en prestasieverslag vir die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar. Denise Janse van Rensburg van die party sê Ekurhuleni se algehele uitstaande skuld aan krediteure het […]
# Eskom sê hy het Suid-Afrika se energiesekerheid verlede maand versterk deur rekordhoë prestasie by sy kragstasies en ‘n beduidende afname in onbeplande onderbrekings, ondanks die hoë winteraanvraag. Die kragvoorsiener het op 26 Julie ‘n daaglikse hoogtepunt van 82,4-persent bereik, die beste daaglikse prestasie sedert September 2017. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê onbeplande onderbrekings […]
# Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Violet Mathye, verwelkom die skorsing van Gateway Airports Authority se uitvoerende hoof, Mokgadi Matli, deur die Owerheid se Raad van Direkteure. Die uitvoerende hoof is voorlopig geskors ná hofverrigtinge oor ‘n omstrede sekerheidstender van 40-miljoen-rand vir die Polokwane Internasionale Lughawe. Die departement se woordvoerder, Tshifhiwa Dali, […]
# Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap het ‘n mylpaal-memorandum van verstandhouding met die Belt and Road Initiative Algemene Kamer van Koophandel vir Suider-Afrika onderteken om ekonomiese geleenthede, entrepreneurskap en volhoubare werksgeleenthede vir jong Suid-Afrikaners uit te brei. Die agentskap sê die twee partye het, gegrond op die Belt and Road-projek en die BRICS-samewerkingsmeganisme, ‘n omvattende strategiese samewerkingsooreenkoms […]