# Die Madlanga-kommissie van Ondersoek sê hy is onder toenemende druk as gevolg van die swaar werklas. Die woordvoerder, Jeremy Michaels, sê ‘n lang lys getuies moet nog getuig, met besonderhede wat weens sekuriteitskwessies beperk word. Michaels sê vertragings, insluitend ‘n verlore dag weens regsuitdagings, het die druk verhoog. Hy sê egter ten spyte hiervan […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê daar is ernstige bestuursprobleme by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Dit volg na berigte dat verskeie raadslede sedert Julie verlede jaar bedank het, wat kommer laat ontstaan of die raad steeds behoorlik sy werk kan verrig en sy wetlike pligte kan nakom. Rudie Heyneke van OUTA waarsku die […]
# Die Mededingingskommissie het MultiChoice en Altech UEC na die Mededingingstribunaal verwys vir vervolging oor beweerde anti-mededingende gedrag. Die kommissie beweer die twee maatskappye het in 2014 ‘n ooreenkoms aangegaan oor die verskaffing van dekodeerders vir betaaltelevisiedienste, met Altech wat na bewering ooreengekom het om nie in sekere markte mee te ding nie. Die kommissie […]
# Die Suid-Afrikaanse rand het Maandag verswak, onder druk van ‘n stewiger Amerikaanse dollar en ‘n styging in oliepryse, namate toenemende spanning tussen die Verenigde State en Iran die wêreldmarksentiment teister. Die rand het oor die middaguur teen 16-rand-69-sent teenoor die dollar verhandel, ‘n daling van 0,5-persent sedert sy vorige sluiting. Die Amerikaanse dollar het […]
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is onder administrasie geplaas na ernstige bestuurs-, finansiële en operasionele uitdagings binne die instelling. Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het in ‘n media-inligtingsessie die aanstelling van Hlengani Mathebula van die Tshwane Universiteit van Tegnologie as administrateur aangekondig om die bestuur van die skema oor te […]
# Die DA sê die Gautengse Departement van Onderwys het die publiek mislei oor elektrisiteitsonderbrekings by skole. Die party sê hoewel die departement in die openbaar verklaar het skole het geen kragonderbrekings ervaar nie, bevestig sy eie amptelike antwoord in die provinsiale wetgewer dat verskeie skole in Ekurhuleni geraak is. Michael Waters van die DA […]
# Die vakbondfederasie Cosatu sê meer moet gedoen word om werkers en die ekonomie teen skerp brandstofprysstygings te beskerm. Die federasie waarsku hierdie maand se verhogings van petrol, paraffien, gas, en diesel sal ernstige druk op huishoudings en pendelaars plaas. Hoewel hy die regering se tydelike brandstofheffingverligting verwelkom, voer Cosatu aan die steun is nie […]
# Rugby: Die Ierse reuse Leinster en Ulster se kwalifisering vir die eindstryd van die Kampioenebeker kan as positief beskou word vir die Stormers en die Leeus se kanse om die Verenigde Rugbykampioenskap se uitspeelwedstryde te haal. Leinster is tans vierde op die VRK-punteleer en Munster vyfde, en albei spanne moet nou vir twee kompetisies […]
# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se benadering tot die konsepbeleid oor Kunsmatige Intelligensie moet daarop fokus om mense en ondernemings te help om die tegnologie te gebruik en nie nuwe lae van regulering skep nie. Dit volg na die terugtrekking van die konsepbeleid weens kommer oor verkeerde verwysings. Die buro se nuwe […]