# Rise Mzansi sê die EFF se mosie van wantroue hou die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, onregverdig aanspreeklik vir die mislukkings van vorige speakers. Die party sê Didiza moet beoordeel word op haar eie rekord en nie op besluite wat deur haar voorgangers geneem is nie. Tydens die debat oor die mosie […]
# ActionSA het die EFF se mosie van wantroue in die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, verwerp. Volgens die party, is meningsverskille met die speaker se besluite nie gronde vir haar verwydering nie. Athol Trollip van ActionSA het tydens die debat oor die mosie in die Parlement gesê die mosie kan ook die […]
# Premier Foods lig vakbonde vandag in oor alternatiewe tot die voorgestelde sluiting van sy vrugte-inmaakaanleg in Tulbagh in die Wes-Kaap. Die maatskappy het glo verskeie voorstelle gedoen, soos om beleggers of kopers te vind of die aanleg te verskuif. Die sluiting is verlede maand aangekondig, slegs vier maande na sy samesmelting met die Rhodes-kosgroep. […]
# Demokrate in die Amerikaanse Senaat het die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, versoek om die toename in geweld deur Israelse setlaars op die besette Wesoewer en Israelse veiligheidsmagte se massa-inhegtenisnemings van Palestyne hok te slaan. Twee-en-veertig uit die 47 lede van die Demokratiese koukus in die Senaat het ‘n skrywe aan Netanyahu onderteken oor […]
# Johannesburg Water sê die Stad gebruik sowat 200-megaliter meer water per dag as sy voorsieningsteiken, wat druk op die stelsel plaas. In ‘n onderhoud met eNCA sê bestuurder Gugulethu Quma die daaglikse vraag is gemiddeld tussen een-duisend-700 en een-duisend-750-megaliter teenoor ‘n teiken van een-duisend-500 tot een-duisend-550 megaliter. Hy sê die Stad bespaar water oornag […]
# Duisende Dolly Parton-aanhangers het blomme, ballonne en kaartjies by die huis van die Amerikaanse musiekikoon gelaat. Parton is gister op 80-jarige ouderdom in Tennessee oorlede. Kanker is vroeër as die oorsaak van haar dood onthul nadat sy die diagnose privaat gehou het. Parton het meer as drie-duisend liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate […]
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig die voormalige Valke-hoof in KwaZulu-Natal, generaal Lesetja Senona, het hom aangemoedig om die kansellasie van sy SAPD-kontrak te betwis. Matlala het bevestig Senona het hom aangeraai om regshulp in te win en die hof te nader om die beëindiging van sy kontrak te probeer keer. […]
# Die Brandweerdienste van die Kaapse Wynlande Distriksmunisipaliteit het ‘n weghol-veldbrand in die Kogmanskloof-gebied buite Montagu onder beheer gebring. Dit dui op ‘n vroeë begin van die 2026/2027-brandseisoen. Die munisipaliteit waarsku die brand dui op ‘n langer en meer veeleisende seisoen, wat druk op brandbestrydingshulpbronne, boere en natuurgebiede plaas. Die burgemeester Elna von Schlicht vra […]
# A devastating flash flood has killed at least nine people and left hundreds of tourists missing along Nepal’s border with Tibet. Reuters reports 384 travellers, including 291 foreign nationals, are unaccounted for. Villages, roads, bridges and hydropower projects were swept away in the mountainous Rasuwa district. Authorities say a mudslide may have been triggered […]