# Cricket: Garry Sobers, arguably the greatest allrounder of all time, has died at the age of 89. In its tribute West Indies Cricket said a great innings has come to an end and Sir Garfield Sobers will live on in people’s hearts forever. Sobers played 93 tests between 1954 and 1974, scored eight-thousand-32 runs […]
# Die burgerregtebeweging, Soil of Africa, vra alle belanghebbendes vir volle samewerking met die Madlanga-kommissie en toe te laat dat sy werk sonder onnodige vertragings voortgaan. Die Kommissie het die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, gedagvaar om volgende week te verskyn. Johnson het nie hierdie week opgedaag vir haar getuienis nie en […]
# Die geskorste hoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is gister uit die hospitaal ontslaan nadat hy vroeër hierdie maand in Houghton, Johannesburg, geskiet is. Khan is na ‘n onbekende plek geneem waar hy met rehabilitasie sal voortgaan. Hy is geskiet, slegs enkele dae voordat hy by die Madlanga-kommissie sou verskyn het. Khan se regsverteenwoordiger, Mohammed […]
# Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad het die “Rooibos in die Ruimte”-projek van stapel gestuur, wat Rooibos-saad in Oktober na die Internasionale Ruimtestasie sal stuur om te vas te stel hoe die ruimte plantegroei beïnvloed. Die inisiatief, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap en MaxIQ Space, sal leerders van sewe Sederberg-skole in die Wes-Kaap betrek wat die […]
# Rugby: Lyle Matthews het in sy debuutwedstryd vir die Sharks drie drieë gedruk in die eerste helfte van hul 26-24 Curriebeker-oorwinning Vrydagaand oor die Pumas in Mbombela. Benewens Matthews se driekuns, het Kerron van Vuuren ook oorgeduik met Tim Swiel wat met drie doelskoppe geslaag het. Vir die Pumas het Lundi Msenge, Chyle van […]
# Rugby: Lyle Matthews scored a first-half hat-trick of tries in his debut match for the Sharks in their 26-24 Currie Cup victory over the Pumas in Mbombela on Friday evening In addition to Matthews’ three tries, Kerron van Vuuren added another one with Tim Swiel succeeding with three conversions. The Pumas also scored four […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hulle betrek gesondheidsorgorganisasies om die impak beter te verstaan, van gesondheidsorgpersoneel wat Suid-Afrika verlaat. Die organisasie sê meer as 125-duisend gesondheidsorgwerkers het die land tussen 2013 en verlede jaar verlaat, wat bykomende druk op die gesondheidstelsel plaas. Makone Maja van die instituut sê die besprekings sal help om planne […]
# Die Desmond en Leah Tutu Erfenis-stigting en die Nelson Mandela-stigting veroordeel die March and March-beweging se plan om hul 67 minute gemeenskapsdiens op Mandela-dag te gebruik vir beplande betogings teen migrante. ‘n March and March plakkaat met die opskrif, Honouring the People’s President, bevat name soos Nelson Mandela, Winnie Madikizela-Mandela, Walter Sisulu, Aartsbiskop Desmond […]
# President Cyril Ramaphosa sê die Suider-Afrikaanse Doeane-unie bly een van Suid-Afrika se grootste strategiese bates. Ramaphosa het die vierde Suid-Afrika-Namibië Bi-nasionale Kommissie-sakeforum in Johannesburg toegespreek. Hy sê as die wêreld se oudste doeane-unie toon SADU merkwaardige veerkragtigheid. Die president sê die unie het ontwikkel om te voldoen aan die eise van ‘n veranderende wêreldekonomie: