# Business Leadership South Africa verwelkom president Cyril Ramaphosa se goedkeuring van die eerste fase van Eskom se herstruktureringsplan, aangesien die debat oor ‘n onafhanklike transmissiestelseloperateur verby is en implementering nou moet begin. In haar weeklikse nuusbrief het BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, gesê die hervormings sal help om ‘n mededingende elektrisiteitsmark te skep, […]
# Die Stad Kaapstad het meer as 4,4-miljard-rand bewillig vir die volgende drie jaar om menslike nedersettings te verbeter en behuisingsgeleenthede uit te brei. Die befondsing sluit in die opgradering van informele nedersettings, dienste, raadswoonstelle en titelakteprogramme wat daarop gemik is om lewensomstandighede vir kwesbare inwoners te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Carl Pophaim, […]
# Suid-Afrika se vervaardigingsektor het verlede maand onder druk gebly, met die Absa-aankoopbestuurdersindeks wat van 47,3-punte tot 46,8-punte gedaal het, vir ‘n vierde agtereenvolgende maand onder die neutrale 50-punte vlak. Die opname toon egter sterker binnelandse aanvraag wat produksie vir ‘n tweede agtereenvolgende maand ‘n hupstoot gegee en kostedruk verlig het. Vervaardigers bly versigtig, met […]
# Die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die publiek genooi om kommentaar te lewer oor ‘n konsephandleiding wat nuwe reëls vir oorgrens-kriptobatetransaksies voorstel. Die maatreëls is daarop gemik om toesig te versterk, onwettige finansiële vloei te verminder en leiding te bied vir gemagtigde kriptodiensverskaffers. Die konsep verduidelik ook wanneer kriptotransaksies as oorgrens beskou […]
# Die Congress of the People het die Verkiesingskommissie versoek om kieserregistrasieveldtogte na skole, TVET-kolleges en universiteite uit te brei om meer jongmense aan te moedig om te registreer. Tom Mofokeng van die party sê die sterk jeugopkoms tydens die onlangse registrasienaweek toon daar is potensiaal om deelname te verhoog voor die plaaslike munisipale verkiesing […]
# Die polisie het die afgelope week byna 16-duisend verdagtes aangekeer tydens landwye Operasie Shanela-optredes. Dit het 329 vermeende dwelmhandelaars ingesluit, terwyl kokaïen van ‘n geraamde 28-miljoen-rand op die OR Tambo-lughawe in Gauteng afgeneem is nadat dit op ‘n vlug uit Brasilië aangekom het. Woordvoerder Amanda van Wyk sê die optrede is daarop gemik om […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die Suid-Afrikaanse span gelukgewens wat ‘n geskiedkundige vierde plek behaal het op die eerste Wêreld-spelkampioenskap in Sjanghai, China. Twee leerders het onder die wêreld se top-tien geëindig, terwyl al ses spanlede die kompetisie se voorlopige rondes suksesvol voltooi het. ‘n Leerder aan die Laerskool Klerksdorp in […]
# Fietsry: Die Sloween Tadej Pogacar, wat pas die Tour de France ‘n vyfde keer gewen het om die rekord te ewenaar, het bevestig hy gaan die eerste keer in sewe jaar aan die Vuelta a Espana deelneem. Hy het in 2019 derde geëindig. Die 27-jarige beskryf sy vorige ervaring in Spanje as wonderlik en […]
# Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, se mislukte plan om ‘n Wêreldbeker-belang aan private beleggers te verkoop, het hom onder geweldige druk geplaas om sy posisie te behou. Die beheerliggame van Europa en Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande, UEFA en Concacaf, se aankondigings dat hulle vertroue in sy leierskap verloor het, is […]