# Union federation COSATU says it is encouraged by the recent positive fall in some serious crimes in the latest quarterly crime statistics released for April to June 2026. Statistics South Africa has recorded a 5.9-percent decline in murders, 17.6-percent drop in house robberies, and a 21-percent decline in truck hijackings. COSATU’s Matthew Parks says […]
# Die Stad Tshwane waarsku inwoners van Hammanskraal dat dit steeds onveilig is om kraanwater in die gebied te drink as gevolg van voortslepende probleme met watergehalte by die Temba-watersuiweringsaanleg. Die gebied was in Mei 2023 die middelpunt van ʼn cholera-uitbreking waartydens meer as 30 mense dood is. Die metro-woordvoerder, Lindela Mashigo, sê kraanwater wat […]
# The City of Tshwane is warning Hammanskraal residents that the tap water in the area remains unsafe for drinking, due to ongoing water quality issues at the Temba Water Treatment Plant. The area was the epicentre of a Cholera outbreak in May 2023, which claimed the lives of more than 30 people. The metro’s […]
#Die VF Plus sê Ekurhuleni se jongste burgemeestersverslag toon ernstige finansiële en diensleweringsdruk. Denise Janse van Rensburg van die party sê dit toon van die 231 beloftes wat in die vierde kwartaal van 2025/26 gemaak is, is slegs 58, of nagenoeg 25-persent, voltooi, 35 is aan die gang en 138 is steeds uitstaande. Die verslag […]
# Die Zambiese president Hakainde Hichilema is vir ‘n tweede vyfjaartermyn ingesweer tydens ‘n seremonie wat deur duisende by die Heldestadion in Lusaka bygewoon is. Hichilema is dieleier van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling en het 60,49-persent van die stemme verower in die presidensiële verkiesing op 13 Augustus teen die hoofopposisieleier Brian Mundubile. Hy […]
# Stad Tshwane gaan voort met planne om sy eie Hooggeregshof-skikkingsooreenkoms met Kleinfontein te betwis, al het die Afrikaner-only township sy finansiële en administratiewe verpligtinge ingevolge die ooreenkoms nagekom. Kleinfontein Aandeleblok, die onderneming wat die skikking bestuur, het gister sy uitstaande agterstallige skuld betaal en ‘n omvattende aansoek ingedien om die grond te ontwikkel, wat […]
# Die pas-aangestelde Bafana Bafana-afrigter, Pitso Mosimane, het die verantwoordelikheid aanvaar om Suid-Afrika se nasionale span met trots, vasberadenheid en nederigheid te lei. Mosimane sê sy terugkeer 14 jaar na sy eerste termyn as afrigter is ‘n spesiale oomblik in sy loopbaan. Mosimane erken die afrigting van Bafana is ‘n grootse taak, gegewe die belangrikheid […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê ‘n hersiene konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie sal teen die einde van die boekjaar gefinaliseer word en later vir openbare kommentaar vrygestel word. Die beleid probeer om digitale innovering te bevorder terwyl etiese kwessies en KI-verwante risiko’s aangespreek word. Die eerste konsep is teruggetrek nadat […]
# Die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes het hierdie seisoen 137 Nguni-kalwers verwelkom, met ‘n verdere agt wat nog verwag word. Die kudde bestaan nou uit meer as 450 diere. Die nuwe aanwinste sluit suiwer Nguni’s en Nguni/Angus-kruisings in. Die kruisings toon indrukwekkende groei danksy hul Angus-afkoms. Vergelegen het Angus-beeste in 2024 by sy teelprogram ingesluit om […]