# AfriForum het ‘n aansoek vir minagting van die hof teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die aansoek kom ná die EFF en Malema se hernieude oproepe tot onwettige grondbesetting, ten spyte van ‘n hofbevel wat AfriForum in 2017 […]
# Die DA in Tshwane sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan Hammanskraal en die opening van twee boorgate in Kenana Gardens het niks gedoen om die grondliggende waterkrisis van inwoners op te los nie. Cilliers Brink van die DA sê huishoudings verduur steeds onbetroubare watervoorsiening ten spyte van die politieke trompetgeskal rondom die nuwe […]
# Die MK-party het begin met formele verrigtinge in beide die Parlement en voor die Madlanga-kommissie van ondersoek teen die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron. Sy naam is by die kommissie genoem in verband met bewerings dat hy deel was van ‘n komplot deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie om die geskorste nasionale […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering sal die proses om ‘n volledig onafhanklike, staatsbeheerde transmissiemaatskappy te vestig, versigtig en verantwoordelik onderneem. Hy het die fase-een-verslag van die Eskom-herstruktureringstaakspan ondersteun, wat die haalbaarheid van die vestiging van ‘n Transmissiestelseloperateur met netwerkbates uiteensit. Ramaphosa sê die proses moet die minimalisering van finansiële, operasionele en fiskale risiko; […]
# The MK Party has initiated formal proceedings in both Parliament and before the Madlanga Commission of Inquiry against the chairperson of the portfolio committee on Police, Ian Cameron. His name was mentioned at the commission in connection with allegations that he was part of a plot by the Investigating Directorate Against Corruption to remove […]
# President Cyril Ramaphosa says government will undertake the process of establishing a fully independent, state-owned transmission company carefully and responsibly. He has endorsed the phase one report of the Eskom Restructuring Task Team, which confirmed the feasibility of establishing a Transmission System Operator with grid assets. Ramaphosa says the process must achieve three objectives: […]
# Oekraïnse boere ly groot verliese sedert Rusland dele van die suide aan die begin van die inval in 2022 beset het. Oekraïne is een van die wêreld se grootste produsente van koring, mielies en sonneblomsaad en ongeveer 90-persent van sy uitvoere gaan deur die land se Swartsee-hawe. Aanvalle deur Russiese magte het landbou-uitvoere byna […]
# Rugby: Slegs drie groeprondes is oor voor die Curriebeker-halfeindstryde. Griekwas is tans boaan die punteleer na drie oorwinnings en ‘n nederlaag, gevolg deur die Cheetahs, die Leeus en die Pumas. Die Boland Kavaliers is vyfde gevolg deur die Stormers-23, die Haaie-vyftiental en die Blou Bulle. In vandag se wedstryde gaan die Leeus en die […]
# Die DA het ‘n vyfpuntplan bekendgestel om Ekurhuleni weer aan die gang te kry voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die party het belowe om korrupsie die hoof te bied, paaie en infrastruktuur te herstel, water- en elektrisiteitsdienste te verbeter, gemeenskapsveiligheid te versterk en meer plaaslike werksgeleenthede te skep. Khathutshelo Rasilingwane van die […]