# Die MK-party het begin met formele verrigtinge in beide die Parlement en voor die Madlanga-kommissie van ondersoek teen die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron. Sy naam is by die kommissie genoem in verband met bewerings dat hy deel was van ‘n komplot deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie om die geskorste nasionale kommissaris, Fannie Masemola, te verwyder. Cameron het die bewerings ontken. Die MK-party sê Cameron moet voor die kommissie verskyn om getuienis te lewer, en verseker dat sy weergawe van die gebeure amptelik onder eed op die rekord geplaas word.
MK-party wil hê Ian Cameron moet voor die Madlanga-kommissie verskyn