# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê eise van verbeterde prestasie en gesondheidsorgin Johannesburg weerspieël nie die ekonomiese realiteit waarmee inwoners te kampe het nie. Volgens die organisasie het burgemeester Dada Morero se stadsrede groot uitdagings erken, insluitend ‘n beduidende infrastruktuuragterstand, nutsverliese en voortdurende finansiële druk. Julius Kleynhans van OUTA sê inwoners ervaar steeds wateronderbrekings, vullisverwyderingsprobleme […]
# Sokker: Lede van Iran se nasionale span het in Turkye aansoek gedoen vir Kanadese visums voor die Wêreldbeker-toernooi in Noord-Amerika. Die groep is tans in Ankara voordat hulle na ‘n oefenkamp aan Turkye se Middelandse See-kus verskuif. Hulle sal vandaar na Amerika reis, waar hulle al drie hul groepswedstryde sal speel. Hulle moet ook […]
# Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Maart met 2,6-persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Die groei is hoofsaaklik gedryf deur algemene handelaars en ander kleinhandelaars, terwyl tekstiel, klere en skoeisel ook sterk winste oor die eerste kwartaal getoon het. Kleinhandelaars in gespesialiseerde voedsel, drank en tabak het egter ‘n afname aangeteken. Raquel Floris from Statistieke […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering veroordeel die onlangse aanvalle op buitelandse burgers in Suid-Afrika ten sterkste. Mashatile het tydens die NEPAD-hoëvlak-sake-ontbyt in Kaapstad kommer uitgespreek oor ongedokumenteerde migrante wat met misdaad verbind word, maar waarsku dat gemeenskappe nie die reg in eie hande moet neem nie. Hy sê geweld en anti-migrante-proteste is skandelik […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika gaan voort om vir wêreldwye vrede en eenheid te pleit. Hy het tydens die NEPAD-hoëvlak-sake-ontbyt in Kaapstad gesê die oproep tot vrede strek verder as Afrika en vra vir groter internasionale eenheid en samewerking. Volgens Mashatile toon Suid-Afrika se eie geskiedenis dat vrede moontlik is selfs na jare van […]
# Deputy president Paul Mashatile says the government strongly condemns recent attacks on foreign nationals in South Africa. Speaking at the NEPAD high-level business breakfast in Cape Town, Mashatile acknowledged concerns about undocumented migrants linked to crime, but warned that communities must not take the law into their own hands. He stated that violence and […]
# Deputy president Paul Mashatile says South Africa continues to advocate for global peace and unity. Speaking at the NEPAD high-level business breakfast in Cape Town, he said the call for peace extends beyond Africa, calling for greater international unity and cooperation. According to Mashatile, South Africa’s own history shows that peace is possible even […]
# Krieket: Die Mumbai Indians se teleurstellende Indiese Premierliga-seisoen is nou nog erger nadat kaptein Hardik Pandya beboet is en ‘n strafpunt gegee is vir toerustingmisbruik tydens gister se wedstryd teen die Kolkata Knight Riders. Hy is met 10-persent van sy wedstrydfooi beboet omdat hy sy frustrasie op die dwarsbalkies van die paaltjies uitgehaal het […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê ’n nuwe handelsooreenkoms met China sal ekonomiese groei ‘n hupstoot gee, werk skep en die provinsie se sitrusbedryf versterk. Die nuwe ooreenkoms sal uitvoervereistes vergemaklik en mededingendheid tussen plaaslike produsente versterk. Meyer het bygevoeg die ooreenkoms is gesluit in ‘n tyd van wêreldwye […]