# President Cyril Ramaphosa veroordeel die onlangse geweld teen buitelandse burgers in Suid-Afrika. Hy het tydens die beraad van die Suid-Afrika-Botswana-bi-nasionale kommissie in Botswana gesê die aanvalle weerspieël nie die regering se beleid of Suid-Afrikaners se waardes nie. Die president het erken kommer bestaan oor onwettige immigrasie, maar het die regering, die burgerlike samelewing en […]
# Die Wes-Kaapse regering sê herstelwerk duur voort nadat onlangse hewige storms tot wydverspreide skade regoor die provinsie gelei het. Eskom berig ongeveer 70-persent van die nege-duisend aangemelde elektrisiteitsfoute is herstel, maar daar bly uitdagings in vloedgeteisterde en afgeleë bergagtige gebiede. Meer as die helfte van die 400 beskadigde paaie is reeds herstel. Die LUR […]
# Rugby: Harde werk lê voor vir die verdedigende kampioene, die Pumas, wanneer hulle Saterdag teen hul aartsvyande, die Griekwas, in die eindstryd van die SA-beker in Kimberley te staan kom. Vorige veldtogte het bewys daar is min verskille tussen die twee spanne maar ‘n tuisveldwedstryd hou besliste voordele vir die Griekwas in. Die Pumas […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se landbousektor is gereed om met saam met Botswana te werk om voedselsekerheid te versterk en sy boerderybedryf te laat groei. Ramaphosa het tydens die Suid-Afrika-Botswana bi-nasionale kommissie se beraad ministers versoek om landbou-invoerbeperkings teen Desember 2026 op te los. Ramaphosa het geleenthede in mynbou, energie en infrastruktuur uitgelig, […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het FlySafair na die Nasionale Verbruikerstribunaal verwys oor beweerde oortredings van die Wet op Verbruikersbeskerming. Die ondersoek volg na klagtes dat die lugredery vliegkaartjies oorbespreek of oorverkoop het, wat sommige passasiers sonder sitplekke gelaat het ten spyte van geldige besprekings. FlySafair het in die openbaar erken dat oorbesprekings deel van sy […]
# Cassava Technologies se uitvoerende hoof in Suid-Afrika en Botswana, Ziaad Suleman, sê Afrika kan nie agterweë bly met tegnologiese ontwikkeling en digitale infrastruktuur nie. Hy het tydens ‘n Bowmans-seminaar gevra vir meer datasentrums omdat die vasteland steeds afhanklik is van buitelandse infrastruktuur. Suleman sê die datasentrum-mark kan groei van 57,9-miljard-rand in 2024 tot 115-miljard-rand […]
# The Western Cape government says recovery operations are continuing after recent severe storms caused widespread damage across the province. Eskom reports about 70-percent of the nine-thousand reported electricity faults have been repaired, but challenges remain in flood-hit and remote mountain areas. More than half of the 400 damaged roads have also been restored. The […]
# Cricket: Mumbai Indians’ disappointing Indian Premier League season just got worse when captain Hardik Pandya was fined and given a demerit point for equipment abuse during yesterday’s match against Kolkata Knight Riders. He was fined 10-percent of his match fees for taking his frustration out on the wicket bails after conceding 13 runs in […]
# Rugby: Die veelsydige Leeu-voorspeler Ruan Venter se seisoen is verby weens ‘n ernstige kniebesering wat hy vroeër die maand opgedoen het in die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Leinster. Hy het ‘n geslaagde operasie ondergaan en kan tot nege maande uit wees. Die 23-jarige Venter, wat sy enigste toets vir die Springbokke in 2024 gespeel het, […]