Skip to content

Voormalige Oekraïnse minister van Verdediging vra oorlogstyd-presidentsverkiesing

# Oekraïne se voormalige minister van Verdediging, Mykhailo Fedorov, vra dat ʼn oorlogstyd-presidentsverkiesing gehou word en sê ʼn demokrasie kan nie deur Rusland gyselaar gehou word nie. Die 35-jarige Fedorov se afdanking verlede maand het opslae gemaak. Hy het volgens berigte weer lewe geblaas in die ministerie, ʼn veldtog teen korrupsie gelei en data gebruik om prestasie in die voorste linie te ontleed en te verbeter. Fedorov sê in ʼn video op YouTube Oekraïne staar ʼn sistemiese bestuurskrisis in die gesig, en dat die land selfs in oorlogstyd na ʼn volle demokratiese bestel moet terugkeer.