# Die Gautengse Polisie ondersoek nou die dood van sewe vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg op die bevestiging dat ‘n vrou wie se liggaam op 7 September in ‘n stroom in Clayville naby die Tembisa Mall gevind is, by die ondersoek ingesluit sal word. Die waarnemende provinsiale kommissaris van Polisie, Fred Kekana, sê forensiese […]
# Die vakbond Solidariteit sê vordering is gemaak met die oplossing van vertragings in die uitreiking van die Rooiseëlambagsertifikate aan ambagslui. Belanghebbendes het ooreengekom oor stappe om die agterstand uit te wis en die sertifiseringsproses te verbeter. Die samesprekings volg op die vakbond se regsoptrede namens 87 ambagslui wie se sertifikate vertraag is. Stef Pretorius […]
# Atletiek: Die Wêreldkampioenskap gaan in 2029 die eerste keer in Afrika gehou word wanneer dit in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, aangebied word. Wêreldatletiek het 2031 se byeenkoms aan München in Duitsland toegeken. Nairobi het in 2017 die Wêreld-onder-18-byeenkoms aangebied en vier jaar later die Onder-20-kampioenskap, maar sy bod teen Tokio in Japan verloor vir […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet onderskeid tref tussen ambisie en die werklike implementering in sy groenwaterstofprogram. Tydens sy voordrag by die Africa Green Hydrogen Summit in Kaapstad het Ramokgopa beklemtoon prioriteitstatus beteken nie ‘n projek is reeds in aanbou nie. Hy sê insluiting by die National Green Hydrogen […]
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê hy wag steeds vir ‘n ondersoekbeampte om aangewys te word nadat hy ‘n saak geopen het oor die voormalige polisiehond Sky. Cameron sê Sky het ernstige beserings opgedoen in die Roodeplaat-dierehospitaal in Pretoria en is verlede week van kant gemaak. Hy vra […]
# Die DA sê NAMPO-Kaap-2026 in Bredasdorp het die belangrikheid beklemtoon van samewerking tussen die regering, boere en ondernemings om die Wes-Kaap se landelike ekonomie te laat groei. Volgens die party het boere kommer uitgespreek oor droë toestande, skade aan gewasse, watertekorte en vertragings met die verkryging van hulp van die Landbank. Noko Masipa van […]
# Solidariteit het ‘n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor ‘n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap uit en gaan verder […]
# Die Stad Kaapstad sê hy het ongeveer 75-miljoen-rand bestee aan die herstel en vervanging van elektrisiteitsinfrastruktuur wat tydens die 2025/2026-boekjaar deur diefstal en vandalisme beskadig is. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Energie, Xanthea Limberg, sê die geld kon gebruik gewees het om die elektrisiteitsnetwerk op te gradeer en uit te brei. Limberg sê […]
# Die DA sê die gevolg van toenemende misdaad in verskeie brandpunte in Gauteng laat inwoners in vrees leef. Volgens die party het kontakmisdaad tussen April en Junie vanjaar in Tembisa, Diepsloot, Alexandra, Mamelodi-Oos, Orange Farm en Jeppe toegeneem. Tembisa het die grootste toename van 16,1-persent aangeteken. Crezane Bosch van die DA doen ‘n beroep […]