Skip to content

Solidariteit sê ambagslui is nou nader daaraan om hul Rooiseël-sertifikate betyds te ontvang

# Die vakbond Solidariteit sê vordering is gemaak met die oplossing van vertragings in die uitreiking van die Rooiseëlambagsertifikate aan ambagslui. Belanghebbendes het ooreengekom oor stappe om die agterstand uit te wis en die sertifiseringsproses te verbeter. Die samesprekings volg op die vakbond se regsoptrede namens 87 ambagslui wie se sertifikate vertraag is. Stef Pretorius van Solidariteit sê die Gehalteraad vir Ambagte en Beroepe moet nou teen 28 Oktober ‘n gekonsolideerde plan aan die hof voorlê.