# Atletiek: Die Wêreldkampioenskap gaan in 2029 die eerste keer in Afrika gehou word wanneer dit in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, aangebied word. Wêreldatletiek het 2031 se byeenkoms aan München in Duitsland toegeken. Nairobi het in 2017 die Wêreld-onder-18-byeenkoms aangebied en vier jaar later die Onder-20-kampioenskap, maar sy bod teen Tokio in Japan verloor vir verlede jaar se senior byeenkoms. 2029 se kampioenskap sal op die Kasarani-stadion plaasvind, wat reeds opgeknap word vir volgende jaar se Afrikabeker-sokkertoernooi.
Atletiek: Kenia gaan Wêreldkampioenskap in 2029 eerste keer in Afrika aanbied