# Sokker: Lionel Messi het sy skitterende internasionale loopbaan met ‘n doel afgesluit in sy 208ste en laaste wedstryd vir Argentinië – die 39-jarige se 126ste doel. Die Argentyne het die vriendskaplike kragmeting met Benin in Buenos Aires 3-0 gewen. Messi het die volgepakte stadion van 85-duisend mense na die wedstryd toegespreek en gesê dit […]
# Die Padvragvereniging sê die jongste brandstofprys-styging gaan verdere druk op vervoerkoste en voorsieningskettings plaas wat ʼn uitwerking op produkpryse sal hê. Brandstof maak tussen 35- en 55-persent van bedryfskoste uit, afhangende van die operasie, tipe voertuig en roetes. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en […]
# Gauteng se Departement van Menslike Nedersettings sê die komende plaaslikeregeringsverkiesing gaan hom nie keer om uitsettingsbevele toe te pas teen mense wat HOP-huise of grond beset nie. Die departement is tans besig met ʼn uitsettingsproses teen onwettige besetters wat grond en twee geboue in Soshanguve Uitbreiding 19, asook projekte by Soshanguve BB, GG en […]
# Suid-Afrika het tot in die 87ste plek uit 165 lande teruggesak in die 2026-jaarverslag oor Ekonomiese Vryheid van die Wêreld. Dit volg terwyl inflasiedruk en ʼn verswakkende geldeenheid breër ekonomiese uitdagings vererger. Die Vryemark-stigting en die Kanadese Fraser-instituut het vyf areas gemeet: die grootte van die regering; regstelsel en eiendomsregte; betroubare geld; vryheid om […]
# Sokker: Cristiano Ronaldo beskuldig Portugal se hoofafrigter, Jorge Jesus, dat hy sy beloftes aan hom verbreek het. Die 41-jarige kaptein het die nasionale span op die vooraand van ʼn Nasiesliga-wedstryd teen Denemarke verlaat nadat hy ʼn ongebruikte plaasvervanger teen Noorweë was. Renaldo beskuldig Jesus in ʼn lang verklaring van ʼn “absolute skending van vertroue” omdat […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het senior amptenare gevra om met integriteit, aanspreeklikheid en deernis te lei, en swak prestasie regverdig en konsekwent aan te spreek. Sy het die vergadering van die uitgebreide bestuurskomitee vir die ministeriële transformasieplan in Pretoria toegespreek. Die transformasieplan bepaal ‘n gemeenskaplike rigting vir die departement se vernuwing, […]