# Sokker: Lionel Messi het sy skitterende internasionale loopbaan met ‘n doel afgesluit in sy 208ste en laaste wedstryd vir Argentinië – die 39-jarige se 126ste doel. Die Argentyne het die vriendskaplike kragmeting met Benin in Buenos Aires 3-0 gewen. Messi het die volgepakte stadion van 85-duisend mense na die wedstryd toegespreek en gesê dit was wonderlik om vir Argentinië te speel en sy drome te verwesenlik. Die agtmalige wenner van die Ballon d’Or sal sy loopbaan op klubvlak by Inter Miami voortsit, waar sy kontrak in 2028 verstryk.
Sokker: Lionel Messi teken doel aan in laaste wedstryd vir Argentinië