# Die polisie in Noordwes het gister drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligensie […]
# Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê daar is Amerikaanse beleggings van miljarde dollars en duisende moontlikhede vir werksgeleenthede, maar Suid-Afrikaanse beleid staan in die pad daarvan. Sy jongste opmerkings volg terwyl die verhouding tussen Washington en Pretoria toenemend gespanne raak. Bozell het in ʼn onderhoud met Fox News Digital gewaarsku die […]
# Die Britse teenterreurpolisie het ʼn 22-jarige Britse man in hegtenis geneem wat verdink word dat hy verlede maand terreurdade voorberei het wat met die RAF Fairford-komplot verband hou. Vyf mans is op 27 September naby die basis vasgetrek weens vermeende plofstofoortredings en voorbereiding om ʼn terreurdaad te pleeg, maar is later op borgtog vrygelaat. […]
# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die agteruitgang van die Stad Johannesburg is nie slegs die gevolg van swak bestuur of munisipale onbevoegdheid nie. In sy jongste verslag, getiteld ‘Time for Action – Corruption in Joburg‘, wys die sentrum op ‘n gevestigde netwerk van politieke, sake- en misdaadbelange wat met die plaaslike regering […]
# Die Vryheidsfront Plus vra president Cyril Ramaphosa om die werklikheid van plaasmoorde in die land te erken en te veroordeel. Dit volg op die moord op die 55-jarige Hannetjie van Zyl, wat oor die kop geslaan is terwyl sy besig was om ‘n hek op haar plaas, Doornpan, in Noordwes oop te maak. Sy […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Petroleumkleinhandelaars waarsku vandeesmaand se brandstofprysstygings gaan verdere druk op huishoudings en besighede plaas. Die prys van petrol het met meer as drie-rand per liter gestyg, terwyl die pryse van diesel en paraffien ook skerp toegeneem het. Vishal Premlall van SAPRA sê die hoër koste sal voedselpryse, vervoer en aflewerings beïnvloed […]
# Die DA vra vir strenger optrede om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp, te midde van toenemende kommer oor die moord op vroue. Die party waarsku vroue bly steeds in gevaar, ondanks herhaalde beloftes deur die regering, terwyl maatskaplike werkers wat slagoffers bystaan ook aan toenemende veiligheidsrisiko’s onderwerp word. Wendy Kaizer-Philander van die DA het […]
# Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof betaal om ‘n stelsel […]
# Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Nakedi Kekana, het sy medelye betuig met die families van ses mense wat in ‘n botsing reg van voor op die R524, sowat vyf kilometer buite Louis Trichardt in Makhado, gesterf het. Daar was vyf voertuie betrokke, insluitend ’n polisievoertuig wat twee verhoorafwagtende gevangenes vervoer het. […]