# Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Rusland gemaan om volledige en deursigtige inligting te verskaf na die dood van ʼn laboratoriumtegnikus by die Irkoetsk-navorsingsinstituut vir Plaagbestryding van Siberië in die suidooste van Moskou. Volgens onbevestigde berigte het die 28-jarige Darya Shipilova siek geword nadat ʼn proefbuis met builepes gebreek het, of ná ʼn besoek aan ʼn streek […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering het die voorlopige bevindinge van die Afrika-kommissie oor Menseregte en die Regte van Volke oor migrasie in Suid-Afrika verwelkom. Die koerant skryf die Interministeriële Komitee oor Migrasie sê die kommissie het erkenning gegee aan die land se […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê volhoubare finansiering en betroubare administrasie moet saam vorder en befondsingsbeleid moet ondersteun word deur funksionerende besluite, appèlle, verblyf en toelaag-betaalstelsels. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente maak tans gereed vir die volgende akademiese jaar. Manamela sê hulle moet risiko’s betyds identifiseer en oplos voor […]
# Die polisie in Noordwes het gister drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligensie […]
# Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê daar is Amerikaanse beleggings van miljarde dollars en duisende moontlikhede vir werksgeleenthede, maar Suid-Afrikaanse beleid staan in die pad daarvan. Sy jongste opmerkings volg terwyl die verhouding tussen Washington en Pretoria toenemend gespanne raak. Bozell het in ʼn onderhoud met Fox News Digital gewaarsku die […]
# Die Britse teenterreurpolisie het ʼn 22-jarige Britse man in hegtenis geneem wat verdink word dat hy verlede maand terreurdade voorberei het wat met die RAF Fairford-komplot verband hou. Vyf mans is op 27 September naby die basis vasgetrek weens vermeende plofstofoortredings en voorbereiding om ʼn terreurdaad te pleeg, maar is later op borgtog vrygelaat. […]
# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die agteruitgang van die Stad Johannesburg is nie slegs die gevolg van swak bestuur of munisipale onbevoegdheid nie. In sy jongste verslag, getiteld ‘Time for Action – Corruption in Joburg‘, wys die sentrum op ‘n gevestigde netwerk van politieke, sake- en misdaadbelange wat met die plaaslike regering […]