Skip to content

WGO sê Rusland moet eerlik wees oor laboratoriumwerker se dood aan builepes [KLANK]

# Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Rusland gemaan om volledige en deursigtige inligting te verskaf na die dood van ʼn laboratoriumtegnikus by die Irkoetsk-navorsingsinstituut vir Plaagbestryding van Siberië in die suidooste van Moskou. Volgens onbevestigde berigte het die 28-jarige Darya Shipilova siek geword nadat ʼn proefbuis met builepes gebreek het, of ná ʼn besoek aan ʼn streek waar dit natuurlik voorkom. Rusland sê sy is dood aan longontsteking van “onbekende” oorsprong. ʼn WGO-woordvoerder, Christian Lindmeier, sê Rusland moet ʼn akkurate bepaling van ʼn moontlike openbare gesondheidsgevaar moontlik maak:

ENG LindmeierOnRisk