# Sokker: Cristiano Ronaldo beskuldig Portugal se hoofafrigter, Jorge Jesus, dat hy sy beloftes aan hom verbreek het. Die 41-jarige kaptein het die nasionale span op die vooraand van ʼn Nasiesliga-wedstryd teen Denemarke verlaat nadat hy ʼn ongebruikte plaasvervanger teen Noorweë was. Renaldo beskuldig Jesus in ʼn lang verklaring van ʼn “absolute skending van vertroue” omdat hy hom nie soos belowe teen Noorweë laat speel het nie, en nie die ooreengekome weergawe van gebeure aan die media voorgelê het nie. Hy het beklemtoon dat hy nie aan die nasionale span onttrek nie.
Sokker: Cristiano Ronaldo gee redes waarom hy Portugal-kamp verlaat