# Die Parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sê hy is bekommerd oor die langdurige vertragings met die voltooiing van Suid-Afrika se program vir digitale uitsaai-migrasie wat reeds lank uitgestel is. Regsprosesse rakende die program belemmer steeds die staking van analoog-televisie-uitsendings. Die voorsitter van die komitee, Khusela Sangoni-Diko, sê dit is jammer dat meningsverskille […]
# Rugby: Die veelsydige Springbok-voorspeler Deon Fourie is bereid om te speel waar ookal die Stormers hom nodig het. Die 40-jarige is terug na toets-diens en is op die bank gekies vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-tuis-derby teen die Haaie. Fourie het die nommer ses-trui vir die Stormers gedra sedert sy terugkeer in 2021, maar het […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n eenheid gestig om te monitor hoeveel van sy verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag op suksesvolle vervolgings uitloop. Die hoof, Leonard Lekgetho, het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie gesê hulle het vanjaar reeds meer as 700 verwysings gedoen. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê die eenheid se […]
# Krieket: Honderd-56 spelers is beskikbaar op vanaand se veiling vir die vyfde seisoen van die SA20. Die 95 Suid-Afrikaners en 61 oorsese spelers is uit 789 aansoeke op die kortlys geplaas. Slegs vier spanne sal bie, aangesien Durban’s Super Giants en Paarl Royals reeds hul groepe van 19 voltooi het. Spanne moet bestaan uit […]
# Die voormalige Australiese biskop Christopher Saunders is tot ses-en-‘n-half jaar tronkstraf gevonnis vir die seksuele mishandeling van twee jong mans tydens sy ampstermyn as Katolieke geestelike. Die 76-jarige is in Augustus skuldig bevind aan 13 seksuele oortredings, maar vrygespreek van beweerde oortredings teen ‘n derde jong man. Hy sal in Februarie 2031 vir parool […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het hom verbind tot sterker toesig en aanspreeklikheid oor hoër onderwys en opleiding. Hy sê herhalende swakhede wat deur toesig en oudits geïdentifiseer is, moet met daadwerklike optrede aangespreek word. Manamela sê hy het kennis geneem van die ouditeur-generaal se aanbevelings, insluitend die behoefte aan […]
# Die EFF in Gauteng verwelkom die inhegtenisneming van ‘n tweede verdagte in verband met die moord op sy voormalige sub-streekssekretaris in Tshwane. Monica Dube is in Junie by haar huis in Wallmannsthal doodgeskiet. Die Gautengse taakspan vir politieke moorde het die 39-jarige gisteraand aangekeer nadat die eerste verdagte in Julie vasgetrek is. Woordvoerder Dumisani […]
# Israel herdenk vandag drie jaar sedert die aanvalle onder leiding van Hamas op 7 Oktober 2023 waarin ongeveer een-duisend-200 mense dood en 251 gyselaar geneem is. Dit was die dodelikste enkele dag vir Jode sedert die Volksmoord. Die Palestynse militantegroep het verskeie gebiede geteiken, waaronder ‘n Israeliese militêre basis, dorpe naby die grens en […]