# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Openbare Beleggingskorporasie stel die aanbevelings van die Mpati-kommissie in. Die kommissie het talle aanbevelings gedoen gemik op versterking van bestuur, groter deursigtigheid, strenger beleggingsoorsig en om te verseker dat die korporasie slegs volgens die beste belang van kliënte en begunstigdes optree. Hy beveel ook aan dat […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling is bekommerd oor die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se gekwalifiseerde ouditmening vir die 2025/26-boekjaar. Die komitee wys op voortslepende swakhede in die maatskaplike sekerheidsagentskap, SASSA, se betaalstelsel wat tot finansiële verliese lei. Die voorsitter, Bridget Masango, sê swakhede wek ernstige kommer oor die doeltreffendheid van beheer- en toetsing-meganismes […]
# Die Gautengse regering het die Gautengse Regulerende Inligtingstelsel vir Openbare Vervoer bekend gestel, wat die ontvangs, verwerking en uitreiking van bedryfslisensies vir openbare vervoer sal hervorm en bespoedig. Die LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê operateurs van elektroniese taxi-dienste sal voorrang geniet. Hy sê baie van hulle ondervind probleme om wettig te […]
# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week ‘n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly en Nic Maddinson moet […]
# Die Gautengse taakspan oor politieke moorde het ʼn tweede verdagte gearresteer in verband met die moord op die EFF-lid, Monica Dube. Sy is in Junie voor haar gesin doodgeskiet by haar huis in Wallmannsthal, Tshwane. Hierdie jongste deurbraak volg na die inhegtenisneming in Julie van die eerste verdagte, Sipho Mahlangu, wat in aanhouding bly […]
# Byna ʼn week ná haar mislukte teregstelling in Tennessee, is die veroordeelde moordenaar Christa Pike by haar bewussyn en kan praat. Die 50-jarige gevangene het verlede week twee dodelike pentobarbital-inspuitings tydens haar beplande teregstelling oorleef. Sy is bewusteloos na die hospitaal geneem en op ʼn ventilator geplaas. Pike, wat in 1995 die doodstraf ontvang […]
# Die United Progressive People Alliance veroordeel die Stad Tshwane se besluit om die metropolisie te ontplooi terwyl elektrisiteit in die Gomora-plakkerskamp afgesny word. Die betoging het verlede week uitgebreek toe onwettige elektrisiteitsverbindings verwyder is. Inwoners wat elektrisiteit eis, het paaie met brandende bande versper en die polisie met klippe bestook. Die organisasie se woordvoerder, […]