Skip to content

Tweede verdagte vas na moord op EFF-lid Monica Dube

# Die Gautengse taakspan oor politieke moorde het ʼn tweede verdagte gearresteer in verband met die moord op die EFF-lid, Monica Dube. Sy is in Junie voor haar gesin doodgeskiet by haar huis in Wallmannsthal, Tshwane. Hierdie jongste deurbraak volg na die inhegtenisneming in Julie van die eerste verdagte, Sipho Mahlangu, wat in aanhouding bly op aanklagte van moord en roof. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die tweede verdagte verskyn later vandag in die Cullinan-landdroshof.