# Die Oscar-bekroonde aktrise Eva Marie Saint is op 102-jarige ouderdom oorlede in haar huis in Los Angeles. Haar loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Sy het rolle vertolk in onvergeetlike klassieke rolprente soos On the Waterfront, waarvoor sy die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen het, North by Northwest en Exodus. Saint […]
# Die polisie- en gevangenis-vakbond POPCRU in Limpopo vra ʼn deeglike ondersoek na gister se botsing in Levubu-weg in die Vhembe-distrik waarin drie polisielede en nog drie mense dood is. ʼn Polisievoertuig waarin drie verhoorafwagtende gevangenes tronk toe geneem is, het teen ʼn bakkie van Tshisimani Water gebots. POPCRU se provinsiale sekretaris, Peggy Ramavhunga, sê […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Openbare Beleggingskorporasie stel die aanbevelings van die Mpati-kommissie in. Die kommissie het talle aanbevelings gedoen gemik op versterking van bestuur, groter deursigtigheid, strenger beleggingsoorsig en om te verseker dat die korporasie slegs volgens die beste belang van kliënte en begunstigdes optree. Hy beveel ook aan dat […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling is bekommerd oor die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se gekwalifiseerde ouditmening vir die 2025/26-boekjaar. Die komitee wys op voortslepende swakhede in die maatskaplike sekerheidsagentskap, SASSA, se betaalstelsel wat tot finansiële verliese lei. Die voorsitter, Bridget Masango, sê swakhede wek ernstige kommer oor die doeltreffendheid van beheer- en toetsing-meganismes […]
# Die Gautengse regering het die Gautengse Regulerende Inligtingstelsel vir Openbare Vervoer bekend gestel, wat die ontvangs, verwerking en uitreiking van bedryfslisensies vir openbare vervoer sal hervorm en bespoedig. Die LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê operateurs van elektroniese taxi-dienste sal voorrang geniet. Hy sê baie van hulle ondervind probleme om wettig te […]
# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week ‘n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly en Nic Maddinson moet […]
# Die Gautengse taakspan oor politieke moorde het ʼn tweede verdagte gearresteer in verband met die moord op die EFF-lid, Monica Dube. Sy is in Junie voor haar gesin doodgeskiet by haar huis in Wallmannsthal, Tshwane. Hierdie jongste deurbraak volg na die inhegtenisneming in Julie van die eerste verdagte, Sipho Mahlangu, wat in aanhouding bly […]