# Die Vereniging vir Kleinmynbouers sê hy steun strenger wetgewing teen onwettige mynbou en georganiseerde misdaad. ‘n Nuwe wetsontwerp wat voor die Parlement dien, stel voor dat strawwe vir mynbou sonder ‘n lisensie verhoog word tot soveel as 30 jaar tronkstraf en ‘n boete van tot een-honderd-miljoen-rand. Die woordvoerder van die vereniging, Zethu Hlatshwayo sê […]
# Die Mededingingskommissie het teen die Premier-groep opgetree oor die beplande sluiting van die RFG-vrugte-inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap. Die kommissie het ‘n aansoek ingedien om die Mededingingstribunaal se voorwaardelike goedkeuring van Premier se samesmelting met RFG Holdings op 6 Maart te herroep. Dis op 30 Maart ingestel nadat die partye gesê het hulle […]
# Die leier van die March and March-beweging, Jacinta Ngobese-Zuma, het ‘n saak aanhangig gemaak oor ‘n beweerde doodsdreigement op sosiale media. Sy het die voorval gister by die Durban-Sentraal-polisiestasie aangemeld nadat ‘n man na bewering op Facebook ‘n oproep gedoen het dat sy verkrag en vermoor moet word. Die plasing is intussen verwyder. Die […]
# Die beweging vir inwoners van informele nedersettings, Abahlali baseMjondolo, het die rekord brandstofprysstygings vir hierdie maand skerp veroordeel en gewaarsku kwesbare Suid-Afrikaners word nog dieper in armoede en lyding gedompel. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter. Abahlali baseMjondolo sê ‘n werker […]
# Die Parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sê hy is bekommerd oor die langdurige vertragings met die voltooiing van Suid-Afrika se program vir digitale uitsaai-migrasie wat reeds lank uitgestel is. Regsprosesse rakende die program belemmer steeds die staking van analoog-televisie-uitsendings. Die voorsitter van die komitee, Khusela Sangoni-Diko, sê dit is jammer dat meningsverskille […]
# Rugby: Die veelsydige Springbok-voorspeler Deon Fourie is bereid om te speel waar ookal die Stormers hom nodig het. Die 40-jarige is terug na toets-diens en is op die bank gekies vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-tuis-derby teen die Haaie. Fourie het die nommer ses-trui vir die Stormers gedra sedert sy terugkeer in 2021, maar het […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n eenheid gestig om te monitor hoeveel van sy verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag op suksesvolle vervolgings uitloop. Die hoof, Leonard Lekgetho, het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie gesê hulle het vanjaar reeds meer as 700 verwysings gedoen. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê die eenheid se […]
# Krieket: Honderd-56 spelers is beskikbaar op vanaand se veiling vir die vyfde seisoen van die SA20. Die 95 Suid-Afrikaners en 61 oorsese spelers is uit 789 aansoeke op die kortlys geplaas. Slegs vier spanne sal bie, aangesien Durban’s Super Giants en Paarl Royals reeds hul groepe van 19 voltooi het. Spanne moet bestaan uit […]