Skip to content

Abahlali baseMjondolo sê rekordstygings in brandstofpryse is ’n krisis vir die armes

# Die beweging vir inwoners van informele nedersettings, Abahlali baseMjondolo, het die rekord brandstofprysstygings vir hierdie maand skerp veroordeel en gewaarsku kwesbare Suid-Afrikaners word nog dieper in armoede en lyding gedompel. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter. Abahlali baseMjondolo sê ‘n werker wat die nasionale minimum loon verdien, het alreeds nie genoeg om ‘n gesonde gebalanseerde voedselmandjie vir ‘n huishouding te koop nie, wat nog te sê van huur, elektrisiteit, vervoer, skoolkoste en ander noodsaaklikhede.