# Die leier van die March and March-beweging, Jacinta Ngobese-Zuma, het ‘n saak aanhangig gemaak oor ‘n beweerde doodsdreigement op sosiale media. Sy het die voorval gister by die Durban-Sentraal-polisiestasie aangemeld nadat ‘n man na bewering op Facebook ‘n oproep gedoen het dat sy verkrag en vermoor moet word. Die plasing is intussen verwyder. Die ANC het die uitlatings ten sterkste veroordeel. Die party voer aan daar is geen regverdiging vir aanhitsing tot geweld nie en vra die polisie om die saak te ondersoek.
March and March se leier lê klagte oor beweerde doodsdreigement op sosiale media