# Botswana se president, Duma Boko, het oproepe vir groter samewerking en oop handelskorridors regoor die SAOG-streek herhaal teneinde streekshandel te bevorder. In ‘n onderhoud met die SABC sê Boko lande moet wegbeweeg van afsondering en eerder op hul gesamentlik voordele voortbou. Hy het beklemtoon dat die uitbreiding van streeksverbindings noodsaaklik is om intra-Afrika-handel te […]
# Die ANC het 42 moontlike burgemeesterskandidate vir Suid-Afrika se agt metropolitaanse munisipaliteite aangewys, in plaas van een kandidaat per metro. Die aankondiging volg na maande se vertragings in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die party het sy keuringsproses verbreed, met kandidate wat gekeur en ondervra is. ANC-nasionale amptenare sal waarskynlik […]
# Sokker: Orlando Pirates is ‘n bietjie nader aan ‘n vyfde agtereenvolgende MTN8-eindstryd nadat hulle Sekhukhune United gister met 1-0 in die halfeindronde se eerste been by die Ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane geklop het. Deon Hotto het die beslissende doel kort voor rustyd aangeteken, en daarmee ‘n waardevolle weg-oorwinning vir die verdedigende kampioen verseker. […]
# Motorsport: Lando Norris begin vandag voor in die Nederlandse Grand Prix by Zandvoort, nadat hy die Mercedes-jaers George Russell en kampioenskapvoorloper Kimi Antonelli in die kwalifiseringsronde geklop het. Norris was net meer as ‘n tiende van ‘n sekonde vinniger as Russell, met Antonelli derde. Oscar Piastri begin vierde met Lewis Hamilton en Charles Leclerc […]
# Transnet sê hy gaan ferm stappe doen oor beweerde verkrygingsonreëlmatighede by sy Richardsbaai-haweterminaal. ‘n Fluitjieblasersverslag oor twee tenders het ‘n interne en eksterne ondersoek tot gevolg gehad, wat gelei het tot die voorsorgskorsing van ‘n naamlose uitvoerende beampte. Transnet sê verdere ondersoeke en dissiplinêre prosesse saam met wetstoepassingsagentskappe, duur voort. Sewe maatskappye is deur […]
# Rugby: Die Springbokke het hul nommer-een-plek op die Wêreldrugby-ranglys verloor nadat hulle gister ‘n nederlaag van 33-16 teen die All Blacks opEllispark gely het. Nieu-Seeland het ‘n verstommende vertoning in die tweede helfte gelewer na ‘n rustyd-agterstand van 13-12, en vier drieë aangeteken. Die uitslag gee die All Blacks nie net die vroeë voordeel […]
# ANC-president Cyril Ramaphosa het gewaarsku teen nepotisme en partydigheid in munisipale tenderprosesse. Ramaphosa het tydens ‘n ANC-geleentheid in Johannesburg vir die aankondiging van sy burgemeesterskandidate, gesê tenders moet op meriete toegeken word en nie op grond van persoonlike verbintenisse nie. Ramaphosa het ANC-verteenwoordigers aangespoor om eerlikheid, integriteit en aanspreeklikheid te handhaaf, terwyl openbare fondse […]