# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn meer gebalanseerde wêreldorde vereis ʼn volledige opknapping van instellings wat ná die Tweede Wêreldoorlog gebou is. Hy het gister die 18de BRICS-beraad in Nieu-Delhi, Indië, toegespreek. Die beraad se tema was: “Bou vir veerkragtigheid, vernuwing, samewerking en sekerheid”.Guterres sê die wêreld beweeg toenemend na ʼn multipolêre wêreld en dié verskuiwing moet omhels word. Hy sê multi-polariteit dra by om balans en gelykheid na wêreldstelsels en -instellings te bring.
VN-hoof vra BRICS-lande om multilaterale stelsel wat almal bevoordeel te versterrk en te bekamp