Skip to content

Gautengse Onderwysdepartement verskerp oorsig by onafhanklike skole [KLANK]

# Gauteng se Onderwys-LUR, Lebogang Maile, sê onafhanklike skole is onafhanklik wat eienaarskap en bestuur betref, maar is steeds onderworpe aan regeringsregulasies. Daar is tans een-duisend-83 onafhanklike skole in die provinsie wat operasioneel geregistreer is. Die departement het tussen 2024 en Augustus 2026 458 dissiplinêre en boelie-klagtes ontvang, 422 gevalle waar oordragsertifikate of rapporte weens wanbetaling teruggehou is, en 518 skorsings weens wanbetaling. Maile sê die groei, akademiese prestasie, befondsing, registrasie en aanspreeklikheid van onafhanklike skole is belangrik:

ENG MaileOnIndependentSchools